Welkom by SA Taalbond

Die SA Taalbond is ‘n organisasie wat sedert 1953 jaarliks ‘n tweetaligeheidseksamen (Afrikaans en Engels) aanbied vir leerders in die hoërskool.

Dit is die enigste geleentheid vir leerders om hulle tweetaligheid te bepaal en ‘n sertifikaat te verwerf wat hul tweetaligheid aandui.

AAN ALLE VRIENDE VAN DIE TAALBOND
Statistiek oor deelname aan die Taalbond
Ons het onlangs gehoor van iemand wat in die laat 1930’s ‘n Sertifikaat verwerf het in die Taalbondeksamen vir ‘n eerste plek in die Unie.
Kan almal wat lank gelede die eksamen geskryf het asseblief hulle besonderhede vir ons stuur. Ons statistiek begin 1960.
Stuur aan Thea: theal@mweb.co.za

Geldelike bydrae
Soos baie organisasies maar ervaar, is finansies ‘n probleem. So ver kan die Taalbond nog die eksamen vanjaar en volgende jaar aanbied, maar ekstra geld is nodig om die eksamen se voortbestaan te waarborg. Die leerders en onderwysers is positief, maar die onkoste is baie hoog.
As daar dalk mense is wat positief voel oor die Taalbond en ‘n geldelike bydrae kan en wil lewer, gee ek die Taalbond se bankbesonderhede.
Enige skenking sal verwelkom word en erken word.
Rekeningnommer: 4056655411
Taknommer: 334410
Rekeningnaam: SA Taalbond

Thea Langenhoven
theal@mweb.co.za
081 568 0258

Pryse aan wenners
Die Universiteit van Stellenbosch gee aan die senior wenner ‘n bydrae tot studie aan die Universiteit van Stellenbosch van R10,000
Die Akademie van Wetenskap en Kuns gee R6000 vir die eerste en tweede plek, senior en junior.
Baie dankie aan bogenoemde instansies.

SA Taalbond Toppresteerders 2016
Baie geluk aan ons toppresteerders vir 2016. Hier volg ‘n volledige naamlys:

Laai Af Top-Presteerder-2016.pdf (9KB)